Enter your email address:

TWITTER

Follow Neo-Genocide On Twitter...

eBOOKS/e-BOEKE

Die Huidige Volksmoord Van Afrikaners - eBoekDie Laaste Profesie - eBoek

»»BESTEL NOU - AFRIKAANS««

The Neo-Genocide Of Afrikaners - eBook

»»ORDER NOW - ENGLISH««

Mercury Rising - e-Book

»»ORDER NOW - ENGLISH««

Jesus En Jy - e-Boek

Die Afrikaner: 5 -18 April 2013

‘n Brief is namens die Boere-Afrikaner Volksraad by die Internasionale Menseregtekomitee in Genève ingedien, waarin die organisasie in kennis gestel [more]

South African landowners facing escalating genocide.

The Marxist African National Congress, openly advocated the influx of African immigrants since 1994, creating huge challenges to development economics [more]

Sekondes Tel

Met die geluid van brekende glas in jou ore, het jy om middernag net sekondes oor om te bly lewe, [more]

Die Afrikaner 28 Maart - 4 April 2013

Die Boere-Afrikaner Volksraad het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingelig dat die klag omtrent die miskenning van die Boere-Afrikanervolk se reg [more]

Rusland dreig die VSA indirek met 'n kernoorlog.

Die wêreld was nog altyd ‘n onveilige plek, en oorlog was nog altyd ‘n irrasionele verskynsel wat sonder enige logika [more]

"Dit.....ìs.....AFRIKA...!!!"

Afrika se barbarisme is diè rots wat liberalisme laat struikel, in Afrika en ook in Suid Afrika. Soos Kaappunt en die [more]

En hoor jy die magtige dreuning.....♫..♪..?"

“En hoor jy die magtige dreuning, oor die veld kom dit wyd gesweef; die lied van n volk se ontwaking, [more]

Die Afrikaner: 15 - 21 Maart 2013

Lees in die uitgawe van 15 tot 21 Maart 2013 van Die Afrikaner: Nuwe wet gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie vernietig; Ons [more]

Die Afrikaner: 8 - 14 Maart 2013

Histerie opgebou om ontwapening af te dwing. Die wêreld is pas vanuit die buiteland herinner aan die “racistiese moorden” wat “reeds [more]

OORWIN

Blankes is besig om op so n skaal in Suid Afrika vermoor te word, dat ons letterlik in ons medeburgers [more]

Dwelmdood in die kake van Krokodil.

VN:F [1.9.22_1171]
Rating: 0.0/5 (0 votes cast)

Iewers in Rusland gil ‘n jong vroulike dwelmverslaafde van pyn nadat die dwelm genaamd Krokodil die vleis om haar voorarm verteer het. In Beaufort-Wes word busbestuurders met Khat gevang wat in Nigerië se Groot Rifvallei geproduseer word vir verbruik in Somalië. Dieselfde dag word ‘n Russiese mafiabaas in Kaapstad gearresteer weens afpersing van besigheidseienaars.

Wat gaan aan?

In Hillbrow vertel ‘n verslaafde hoedat sy in ‘n doodloopstraat is met dwelms en hoedat sy na ‘n aanvangstadium van prostitusie blootgestel is aan kliënte wat dwelms gebruik. Op die oomblik toets sy dwelms vir Nigeriese dwelmbase. Sy het selfmoord al verskeie kere oorweeg.

In Pretoria kom laai die polisie n jong Afrikanervrou en dwelmverslaafde op wat op straat bly, en gee haar vir Nigeriërs om te gebruik as prostituut. Haar manlike vriend kan niks sê nie, anders word hy toegesluit. More koop hy weer dwelms by die Nigeriërs, en Donderdag kom haal die polisie weer hul omkoopgeld by die Nigeriërs. Die meisie gaan nou meer  omkoopgeld verdien vir die polisie, en ‘n groter wins beteken vir die Nigeriërs.

Een van die Afrikanermans wat so op straat slaap, skud een oggend aan sy meisie. Sy reageer nie.

Sy is yskoud.

Sy het in die nag gesterf aan ‘n oordosis dwelms.

Al meer en meer jong Afrikaners sterf weens dwelmmisbruik en aanverwante probleme soos vigs en selfmoord weens hul sistemiese massaslagting in die moderne tyd wat erger as ‘n oorlog is. Weens die handelinge van die staat en die toelating van gewetenlose dwelmhandelaars in Suid-Afrika, vind daar ‘n slagting onder Afrikaners plaas.

Hierdie moordenaars word de-facto en de-jure deur die staat toegelaat om Afrikaners te vermoor in Suid-Afrika.

Radelose Afrikaanse slagoffers van die staatsgeïnduseerde hongersnood wend hul tot dwelms en prostitusie om van hul hongerpyne en lewensomstandighede af weg te vlug.

Jong Afrikanermeisies trou uit desperaatheid met Nigeriërs in plekke soos Krugersdorp-Wes en Sunnyside om maar net twee voorbeelde te noem.

Wêreldwyd het die oorlog teen dwelms misluk. Intelligensiedienste van die VSA en Brittanje erken dat die verbruik styg en die pryse daal van harde dwelms soos kokaïne en metamfetamiene.

Met die val van die Berlynse muur in 1989 het die intelligensiedienste van die Oosbloklande hulself sêkielik sonder ‘n heenkome bevind. Die Bulgaarse intelligensiediens het onmiddelik begin met die smokkel van sigarette en mense. Algaande het al die intelligensiedienste van die Oosbloklande hulself tot transnasionale sindikate omvorm, wat regoor die wêreld werksaam is.

In 1994 met die aanbreek van die bewind van die ANC in Suid-Afrika; het die transnasionale misdaadsindikate hul grootste prys ooit gekry. Hulle het ‘n land ingekom met 728 lughawens en 4700 kilometer grense, wat onbewaak is en ‘n regering en staatsamptenare wat omkoopbaar en korrup is; ‘n land van melk en heuning op ‘n skinkbord.

Suid-Afrika se polisiemag bevat sommige lede wat deel is van hierdie sindikate, wat hul werksaamhede verseker. Dit het daartoe gelei dat Suid-Afrika tans die grootste uitvoerders van heroïne en kokaïne in die wêreld is en ook die meeste dagga na Brittanje toe uitvoer. Suid-Afrika het ook die meeste wapensindikate in die wêreld, wat wapens uitvoer na konflikgeteisterde gebiede soos die Kongo.

In Sunnyside en Westdene in Johannesburg, ontvang polisie gereeld omkoopgeld van die dwelmhandelaars ten aanskoue van die publiek. Klaers by die polisie, word daarna deur die polisie gehinder en gepla todat hulle die klagtes terugtrek.

Nog ‘n rede vir die toename in die dwelmverbruik in Suid-Afrika, is die politieke beleid om alle fortuinsoekers en sosioparasiete uit Afrika te verwelkom in Suid-Afrika, as deel van die Afrika-verskeidenheid van swart broers.

Die afwesigheid van enige immigrasiebeleid en toepassing sovêr dit onwettige immigrante uit Afrika betref het daartoe gelei dat daar sowat 40 000 wettige Nigeriërs in Suid-Afrika is en ‘n geraamde 600 000 onwettiges.

En die Nigeriërs se radikale bemarking van dwelms het tot ‘n styging in die verbruik onder alle bevolkingsgroepe gelei.

Die ANC se staatsgeïnduseerde hongersnood wat hul teen Afrikaners loods in die vorm van regstellende aksie, eindig vir menige jong Afrikaners in ‘n lewe van prostitusie en ‘n dwelmhel waaruit hulle nie kan ontsnap nie.

In Suid-Afrika se uitgestrekte landskap word menige daggaplantasies opgerig, vir plaaslike verbruik sowel as vir uitvoere waarmee die valuta wat verdien word, gebruik word om ander dwelms goedkoper in Suid-Afrika te bring, wat ook ‘n groter straatwaarde het.

En waar die verbruik van harde dwelms in die wêreld toeneem, styg die geweldsmisdaad dienooreenkomstig soos wat verslaafdes rooftogte uitvoer om geld te bekom vir die aankope van dwelms. In Brittanje kos die verbruik van harde dwelms, ‘n verslaafde sowat 40 000 pond per jaar, die ekwivalent van ongeveer R500 000 in Suid-Afrika.

In Suid-Amerika beheer die Meksikaanse dwelmsindikate die dwelmhandel in sowat 46 lande en oor die 300 Amerikaanse stede. Die dwelmverbouiing in Kanada sal AL die Amerikaanse polisiedienste en totale weermag, sowat ‘n 1000 jaar vat om uit te roei. Die skokkende gedeelte is dat die Kanadese dwelms, sowat 1% van die vraag en verbruik van dwelms in Amerika is.

Onlangs is die Amerikaanse intelligensiediens, die CIA se betrokkenheid by die dwelmhandel onthul en in Kenia is die konflik op hul grens met Somalië verwant aan die dwelm, Khat wat in die Groot Rifvallei in Kenia verbou word en in Somalië verbruik word.

Die veediefstalle en plaasaanvalle in Suid-Afrika rondom die Lesotho-grens is verwant aan die dagga-verbouers in Lesotho, wat mense stuur om vir hul te gaan vee steel in Suid-Afrika. Die diewe word met dwelmgeld betaal. Die verbouiing van dagga in Lesotho, Swaziland, Transkei en Zoeloeland produseer ‘n geraamde 110 000 ton dagga per jaar en die inkomste is vyf keer soveel as wat met enige landbouproduk verdien kon word.

Iewers in ‘n paar afsonderlike hospitale in Rusland, gil ‘n meisie en ‘n paar mans van die pyn. Hulle is die nuutste slagoffers van Krokodil, diè nuutste dwelm, desomorfien wat binnekort op pad is na Suid-Afrika toe, of dalk alreeds hier is.

Krokodil dwelm se effek.

Eers verander die slagoffers se hele lyf in ‘n krokodilagtige voorkoms, waarna die vleis stelselmatig verteer word en van die bene afval.

Die meisie het al haar regtervoet verloor, ‘n gedeelte van haar linkerhand en haar regterarm se bene is heeltemal ontbloot.

Krokodil Dwelm2 het al klaar haar regtervoet geeis.

Op haar lieste het groot gate ingeval.

Een van haar manlike eweknieë swaai sy kop uitdrukkingloos heen-en-weer- sonder om enige klank te maak. Groot gedeeltes van sy brein is deur desomorfien verteer, die dwelmhandelaars se nuutste vermaak vir die verslaafdes aan harde dwelms.

Ander weer, se hande is besig om af te val.

Krokodil Dwelm soos te sien op Youtube in alle gevalle.

Krokodil, oftewel desomorfien dien erger wonde toe as ‘n regte krokodil in die natuur.

Baie slagoffer verloor hulle hande, waar hul hulself inspuit.

Krokodil Dwelms

In plekke soos Sunnyside in Pretoria en Hillbrow vind dwelmhandel en verbruik openlik plaas.

In skole word kokaïne tans as pienk ‘strawberry’ onder skoliere verkoop en versprei. Die resultaat is dat menige skole al sonder hulle omheinings is, omdat desperate verslaafdes die heinings afbreek en as skroot verkoop. Miniatuur dwelmoorloë word deur misleidende staatsmasjinerie as ‘xenofobiese aanvalle’ beskryf.

In ryk voorstede hoor jy menige aand die geknetter van outomatiese masjiengeweervuur, veral rondom die huise van Sjinese mafiabase. Doppies by die dosyne word na die tyd opgetel en geen haan kraai verder daarna die .
Na bewering bly die Sjinese hoof van die perlemoensmokkelaars in Dainfern. Word hy gevang, is hy ‘n uur later weer uit. Kontakte en geld ontbreek nie.

In Botswana hang ‘n jong slagoffer van die gewetenlose seksmisdadiger ‘Advokaat Barbie’ haarself aan ‘n boom op. Stoksielalleen gaan sy die ewigheid in, nadat sy nie die trauma van haar dae in die hande van die misdadigers kon verwerk nie.

Iewers slaap ‘n jongman vol dwelms, op een van die reuseadvertensieborde langs die pad, om onverwagse aanvalle in die nag af te weer.

Iewers gil ‘n jong meisie van pyn in die noordelike voorstede.

Die Krokodil het so pas in Suid-Afrika geland en begin om sy eerste slagoffers te verteer.

En so word die Afrikanerjeug verder afgemaai deur die owerheid se toelating van gewetenlose dwelmhandelaars in Suid-Afrika, wat die dood uitdeel aan die met hongerpyne en die wat probeer vlug van onmenslike lewensomstandighede.

En toe ek die aan wegry vanaf die Afrikaner straatbewoners in Pretoria, vra een van die mans, : “Oom, as oom weer kom, bring net vir ons asseblief n bietjie potjiekos saam. Ons is vreeslik lus vir potjiekos.”

Potjiekos is al wat hul vra.

VN:F [1.9.22_1171]
Rating: 0 (from 0 votes)